Koppert, trotse nuwe eienaars van Vital Bugs
Frank het sy loopbaan by die LNR eksperimentele plaas begin op Citrusdal in die jare 60. In die jare 90 het hy op Lushof begin eksperimenteer met rooidopluis beheer dmv parasitoide. Lushof Insektariums was die eerste besigheid van sy soort in privaat, met o.a. Aphytis lingnanensis, Chilocorus nigritus en ander predatoriese kewers. Sy seun Stephan het na bykans n dekade in die Wes Kaapse sitrus industrie by die besigheid aangesluit, waarna die naam in 2008 verander is na Vital Bugs cc. Vir meer as 30 jaar het Vital Bugs ‘n groot impak gehad op biologiesebeheer in Suid-Afrika met hul toegewydheid om omgewingsvriendelike geintegreerde pesbeheer (IPM) oplossings te bied deur hul uitstekende teelfasiliteite vir insekte.
‘n Nuwe era het aangebreek en Koppert is sedert Julie 2024 die trotse nuwe eienaars van Vital Bugs Pty (Ltd). Met voetspore reg oor die wêreld en wortels geanker in Suid-Afrikaanse grond is Koppert toegewyd tot die uitbou van plaaslike besigheid en landbou-kundigheid. Die oorname van Vital Bugs is ‘n groot stap om Koppert se visie te verwesenlik van gesonder, veiliger en meer produktiewe landbou vir die boere van Suider-Afrika. Ons sien uit om vir boere reg oor die kontinent te help om vennote met die natuur te wees en sodoende die menige voordele van biologiese beheer te ontsluit.