Kweek gesonde ekosisteme vir volhoubare pesbeheer
Bewarings biologiese beheer as volhoubare benadering tot ons hedendaagse landboupraktyke kan beskryf word as pesbeheer wat fokus om die natuurlike vyande van die peste te bevorder sodat hulle die pespopulasies kan beheer. Die natuurlike vyande (voordelige predatore of insekte) sluit lieweheersbesies, glasogies, predatoriese myte en parasitiese wespes in.
Die sleutel tot sukses in volhoubare biologiese beheer is om ‘n gunstige omgewing te skep wat die groei van die voordelige insekpopulasies ondersteun en die vestiging van die predatore in die omgewing te verseker. Deur die omgewingskwaliteit te bevorder en biodiversiteit uit te brei bemoedig dit die voordelige insekte aan om te floreer en effektief te kan bydra tot pesbeheer.
Lees die volle artikel in Agri Lowveld: https://heyzine.com/flip-book/64e074b593.html#page/37